Tuisblad
| Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word. |
|
| Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
| Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
|
Voorbladartikel
Die Koninkryk Aksoem (Ge'ez: አክሱም, ʾÄksum), of die Aksoemitiese Ryk, was van die laat Oudheid tot die Middeleeue 'n koninkryk in Oos-Afrika en Suid-Arabië. Dit was geleë in wat nou Noord-Ethiopie en Eritrea is, en het dele van die hedendaagse Djiboeti en Soedan ingesluit. Die koninkryk het uit die vroeëre Dʿmt-beskawing ontstaan en is in die 1ste eeu gestig. Aksoem was baie eeue lank die koninkryk se hoofstad, totdat dit in die 9de eeu na Koebar geskuif is weens afnemende handelsverbindings en voortdurende invalle. Die profeet Mani het die Koninkryk Aksoem as een van die groot moondhede van die 3de eeu beskou, saam met Persië, Rome en China. Aksoem het bly uitbrei onder die bewind van Gadarat (omstreeks 200-230), wat die eerste koning was wat by Suid-Arabiese sake betrokke was. Sy bewind het gelei tot beheer oor 'n groot deel van Wes-Jemen. Tydens die bewind van Endoebis (270-310) het Aksoem geld begin munt wat tot in Suid-Indië opgegrawe is. Die amptelike taal was Ge'ez, 'n Semitiese taal. Namate die koninkryk 'n groot mag geword het op die handelsroete tussen Rome en Indië en dit 'n monopolie van handel in die Indiese Oseaan verkry het, het dit die Grieks-Romeinse kulturele sfeer betree. Vanweë sy bande met die Grieks-Romeinse wêreld het Aksoem in die middel 4de eeu die Christendom as staatsgodsdiens aangeneem onder Ezana (320's tot omstreeks 360). Ná hulle kerstening het die Aksoemiete ophou steles bou. Die koninkryk het deur die laat Oudheid bly uitbrei: Dit het Koesj in 330 onder Ezana vir 'n kort tyd verower en van hulle die Griekse naam "Ethiopië" gekry. Die Aksoemitiese oorheersing van die Rooisee het 'n hoogtepunt bereik tydens die bewind van Kaleb (514-542). In opdrag van die Bisantynse keiser Justinus I het hy die Koninkryk Himjar in Jemen aangeval om 'n einde te bring aan die vervolging van Christene, wat deur die Joodse koning Dhu Nuwas gepleeg is. Met die anneksasie van Himjar het die Koninkryk Aksoem sy grootste gebiedsomvang bereik: sowat 2,5 miljoen km². Die gebied is egter in die Aksoemities-Persiese Oorloë verloor. Aksoem het in beheer van Suid-Arabië gebly van 520 tot 525, toe Soemjafa Asjwa deur die Aksoemitiese militêre leier Abraha onttroon is.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die taalkundige verhouding tussen Fidjiaanse Hindi en Hindi soortgelyk is aan dié tussen Afrikaans en Nederlands? Fidjiaanse Hindi het uit die Oos-Hindi-dialekte Awadhi en Bhojpuri ontstaan, met verskeie Engelse en Fidjiaanse leenwoorde.
Vandag in die geskiedenis
9 November: Vlagdag in Azerbeidjan (1918); Onafhanklikheidsdag in Kambodja (1953).
Voorbladbeeld
|
Vind artikels
| |
|
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
|
Geskiedenis | ||
|
Kultuur | ||
|
Religie | ||
|
Samelewing | ||
|
Taal | ||
|
Tegnologie | ||
|
Wetenskap | ||
|
Wikipedia in ander tale
| ||
|
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
|
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
|
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
|
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
|
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
|
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
|
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris. |


